Mediteer oor God se waarhede (NLV)
Die beste manier om God se waarhede te ken, is om dit te lees, dit te onthou en daaroor te mediteer. Hy het vir ons Sy waarhede en Sy beloftes vir 'n rede gegee. Sodat ons op Hom kon staatmaak. So kan ons hoop in Hom vind. Ons kan dus vertroosting hê met die wete dat Hy naby is en vir ons sal sorg. So sal ons weet Hy het 'n plan vir ons. So sal ons gered word. Daar is soveel redes om Sy waarhede te ken en daaroor te mediteer. Sy waarhede sal vir ewig bly staan.
7 verses
remem.me (af)
Nov. 4, 2023
Afrikaans
1
-
1 Korintiërs 13:1NLV
Liefde
Al sou ek enige taal op aardeof selfs in die hemel kon praat,maar ek kom die liefde kort,het ek ’n galmende tromof ’n klinkende simbaal geword.
-
2 Korintiërs 5:21NLV
God se vergifnis
God het Hom wat nie sonde geken het nie, sonde gemaak ter wille van ons sodat ons, op grond van ons hegte verhouding met Christus, deur God vrygespreek kan word.
-
2 Petrus 2:9NLV
God se getrouheid
Die Here weet dus om dié mense wat naby aan Hom leef, uit beproewing en swaarkry te red, maar om dié wat ’n verkeerde lewe lei, te straf en vir die oordeelsdag te bêre.
-
Genesis 39:20-21NLV
Die Here is met jou
Hy gryp Josef en gooi hom in die tronk waar die koning se gevangenes gehou word. Terwyl hy daar in die tronk was, was die Here ook met Josef. Hy het sy getrouheid aan Josef bewys deurdat die tronkbewaarder hom goedgesind was.
-
Johannes 10:28-29NLV
Ons sekuriteit
Ek sal ook die ewige lewe aan hulle gee, en hulle sal so nimmer as te nooit verlore gaan nie. Niemand sal hulle uit my hand steel nie. My Vader, wat hulle aan My gegee het, is magtiger as almal, en niemand kan hulle uit die hand van die Vader steel nie.
-
Psalm 103:13-14NLV
God se deernis
Soos ’n vader hom ontfermoor sy kinders,so ontferm die Here Homoor hulle wat Hom dien. Hy weet togwaarvan ons gemaak is;Hy weetdat ons net stof is.
-
Romeine 5:8NLV
God se genade
God laat blyk sý liefde vir ons egter daarin dat Christus vir ons kom sterf het ten spyte daarvan dat ons nog sondaars was.